"My prins" deur Donovane van Dyk

  • 0

Vers 1:
Op jou perd oor die horison kom jy aan
Jou hare in die wind, met jou glimlag wat breeds staar
Ek’t geweet jy is my ridder ek het geweet jy’s my prins
Ek het geweet dit is liefde ek het geweet dis my wins

Refrein:
Maar nooit kon ek sien toe jy daar aan gallop het,
Dat jy my hart sou kom breuk dat jy my net daar sou los
My van jou perd af gegooi, waar was die waarskuwing?
Waar was die rooi lig
Waar was my prins?

Vers 2:
Gedog jy was my ridder op sy perd maar daai woorde is jy nie meer werd
Ek het daar bly lê met die stof en die trane wat teen my wange klou
Net soos jou woorde toe jy se dat jy net vir my wil hê.

Refrein:
Maar nooit kon ek sien toe jy daar aan gallop het,
Dat jy my hart sou kom breuk dat jy my net daar sou los
My van jou perd af gegooi, waar was die waarskuwing?
Waar was die rooi lig
Waar was my prins?

Vers 3:
Jou perd was opgesaal om my weer te kom haal
Maar die wind het my spore reeds weg gewaai
My tasse was al op gepak my hart terug op die rak
Toe jy besef wat jy verloor wou jy my weer met jou woorde toor
Maar ek het uit my foute geleer

Refrein:
Maar nooit kon ek sien toe jy daar aan gallop het,
Dat jy my hart sou kom breuk dat jy my net daar sou los
My van jou perd af gegooi, waar was die waarskuwing?
Waar was die rooi lig
Waar was my prins?
Waar was my prins? (x2)
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top