My pa se keuses vir die WAT: “kaparra” en “karjakker”

  • 0

My pa is die Afrikaanse skrywer PH Nortje en hy het op 20 Oktober hierdie jaar 91 jaar oud geword.

Met sy verjaarsdag vra ek hom watter twee woorde hy wil borg vir die WAT, maar oud en gedaan soos hy is, weet hy nie.

My twee broers, Charl en Francois dink ...

"dassiepis" en "klipsweet"

... sal gepas wees, maar uiteindelik word besluit op ...
“kaparra” en “karjakker”.

kaparra tw. Klanknabootsende weergawe van ’n min of meer samegestelde slag, soos bv. wanneer iem. of iets val; ook, weergawe van die geluid deur ’n rollende voorwerp, bv. ’n leë kan, veroorsaak: Dan pootjie ek hom dat hy woeps kaparra oor ’n stomp val (M.I. Murray). Kaparra ... kaparra, kom dit aangerol, en dan die bekende vrolike oumanstem: "Vet gee, julle bielies, vet gee ..." (P.H. Nortje).

Vgl. KAPARRA-KAPARRA.

kaparra-kaparra
kapar’ra-kaparra tw. Iteratief van kaparra. As werkwoord: En tussenin, soos ’n refrein, kaparra-kaparra die konka saam (P.H. Nortje).

karjakker ww., gekarjakker. Minder gebruiklik vir kerjakker. Sien JAKKER: Sou sy ooit so ’n aantreklike figuur ontwikkel soos die van Babsie, wat nou so uitgelate soos ’n velddiertjie saam met haar karjakker tussen die bossies (Willem van der Berg). Al wieker, al wakker, drallewindjies karjakker, al dwarsoor die akker, keer voor daar! (P.H. Nortje).

Groete en soos hulle se ... Hoe meer dae hoe meer dinge!

Pierre Henri Nortje

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top