
“Die stuk handel oor soveel meer as ’n man wat die platteland met sy Elvis-nabootsing platry. In my lewe het daar al ’n hele paar aspirant-Elvisse op die verhoog my professionele pad gekruis, maar Ben Kruger s’n ruil ek vir nie één van hulle nie. Dis juis omdat Ben die broosheid van sy karakter – vokaal, maar veral ook as mens met ’n verlede wat in sekere opsigte onherroeplik tragies is – met ’n oortuigende innerlike dimensie aanvat. Voorts is dit ook ’n stuk oor een van die mees verwikkelde tipe verhoudings wat bestaan: dié tussen pa en seun."

