Geheuekiekie: My ouma en die voornemende verkragter

  • 0

My pa se ma, uit Abo, was ’n kwaai dapper ou vrou! Op die plot waar sy en oupa Paulie gebly het, het ’n voornemende verkragter sy plan geopenbaar aan haar. Nou ja, wat ek so kon aflei van agter die hand gefluister en gegiggel, van onder kombuistafel, was dat sy haar hand geferm om die plan gekry het en die ou met sy plan ontbloot, gesleep na die polisiestasie! Haar regverdiging vir haar dapperheid, gmf, die kakies kon haar nie gevang kry na 3 jaar in veld in Westransvaal! Dis my geheuekiekie van Ouma Hannie wat maklik die seekoeihandsambok uitgehaal het, as ons seuns in vreemde tale gespreek het!

Hans 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top