"My Ou Karoo" by Mike Valentine

  • 0

My Ou Karoo

Ek was toe maar ? jong man
toe sy van my vervreem
My siel verdoof en dolleeg
toe ek my afskeid neem
Die oop pad roep vashoudend
en êrens moes ek gaan
Sy kon nie glo ek sou nie
en sal sy ooit verstaan?

REFREIN:
Waar die son sak in ? skildery
en die landskap so versier
dat die wolke bloei en die koppies gloei
in ? glansryk hemelsvuur
Ek swerwe sonder rigting van hier onder tot daar bo
maar my hart bly trou aan jou, my ou Karoo

Van Rooikloofpas na Kakamas
van Mier tot in Napier
dwaal ek rond op soek na nêrens
Sonder koers of koue bier
Maar ek trek van Reitz tot Springfontein
van Brits tot Langebaan
Oor grondpad, veld en vlaktes
deur klowe sonder naam

REFREIN

Deur hael en wind en sonskyn
oor berge hoog en styl
Stap ek in bewondering
van elke skone myl
In woude ruig en donker
oor panne dor en vaal
My velskoen spoor trap deur en oor
? honderd duisend maal

REFREIN

BRUG:
Langs ongerepte strande
waar see en meeu baljaar
Tot die mees verlate steiltes
was ek daar
Maar ongeag die skoonheid
is daar in my erfenis
Tog net een plek in my swerftog
wat ek mis

REFREIN

Ja, my hart bly trou aan jou, my ou Karoo
My ou Karoo

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top