"My onvermoë" deur Lizelle Pistorius

  • 0

My onvermoë

Vers 1

Kan jy nog onthou
Dat ek eendag vir jou gesê het, ek dink die wêreld van jou!
Jou vermoë om my rustig te maak.
My onvermoë om op jou verlief te raak
En nou na al die jare, sien ek jou so tussen die skare
En besef nou eers, ek was so onervare

Koor

Die hele wêreld is in rep en roer en ek kan nie oor dit kom
Hoe jy vanaand lyk, dit maak my skoon stom
Die hele wêreld is in rep en roer en dit verstom vir my
Hoe ek jou in die skare raaksien,
… en glimlag net vir my…

Vers 2

Daar word mos gesê as jy iets miskyk
Dan het dit sy manier om weer te kan opduik
Daar word mos gesê spyt kom te laat
Maar al wat ek nou wil doen is om met jou te kom praat
 
Brug

en die ligte verblind my,
die klank verdoof my
al hierdie mense, versmoor my,
maar ek sien jou gesig steeds voor my
ja die ligte verblind my,
die klank verdoof my
al hierdie mense, versmoor my,
maar ek sien jou gesig… want…

Koor

Die hele wêreld is in rep en roer en ek kan nie oor dit kom
Toe jy vir my glimlag, toe word ek van vooraf verstom
Die hele wêreld is in rep en roer en dit verstom vir my
Dat jy my in die skare raaksien, en glimlag net vir my

Koor – eindig

Die hele wêreld is in rep en roer
Maar al wat my hart begeer
Is dat jy my ’n kans sal gee, vir nog een laaste keer
Die hele wêreld is in rep en roer
En ek kan dit nog steeds nie verstaan
Hoe jou glimlag, alleenlik, tyd laat stil staan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top