My naam is Livinia Heks
Lank, lank gelede in 'n sprokies land
was daar 'n heksie in 'n Blommeland
En aan papawers uit haar tuin
was sy verslaaf
Baie stadig het sy rondbeweeg
haar oë was nogal verlep gewees
Dik gerook in haar tuin
het sy saam met Mattewis gebly
En wanneer heksie groot skrik
sê sy stadig, o Griet
Dan toor sy 'n perd
'n geel perd sonder 'n stert
REFREIN:
My naam is Levinia Heks
maar almal noem my heksie
Ek is verslaaf aan papawer plantjies
ek groei hul in my tuin
En wanneer hulle droog raak maal ek hulle fyn
sit dit in 'n pyp of snuif dit soos cocaine
En wanneer Heksie hallusineer
sien sy vir Karel Kat
Hy kom vanuit die stad
en hy kan praat
Hy kom aangery met 'n kar,
of partykeer land hy met 'n chopper
Mattewisie skud sy kop
want Karel is dan 'n kat
Moenie vir Heksie reg wys
sy glo alles is waar
Sy snuif eerder nog 'n lyn
en gaan dan na die maan
REFREIN
Partykeer het sy 'n slegte trip
dan wip sy soos sy skrik
Die gifappeltjies kom
om haar te terg
Helder oordag
hoor sy skaterlag
Dit is net die geel heks
wat haar so pes
Eintlik is daar niemand daar nie
die gifappels en die heks bestaan nie
Sy is net weer op 'n trip
daar in haar tuin
REFREIN
Dik gerook voor die koning
vergeet sy sy naam
Blommie wil haar reghelp
dan raak sy skaam
Eers is dit Rosedoring
dan weer Rosekrans
Sies vir jou Blommie
ek trek my hoed oor my oë
Maar almal lag te lekker
niemand gee om nie
Dit is mos blomme land
en almal is hoog
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


