My meisie

  • 0

My meisie
’n antwoord op Breyten Breytenbach se My Vrou

My meisie se naam is Emily
Nog nie My Vrou nie Breyten
Maar My Meisie

Haar hare is ook swart.
Haar oë ’n mengsel van maan en mars.
Haar neusie is nie plat nie.
Maar haar mond is ook ’n rooiborsie
gestol in die vlug.
En agter haar tande hang die vleesklok van ons
deurmekaar land.

Emily.
Emily.
Deur jou kry ek nog puisies
Jy is nog nie My Vrou nie
maar wel
My Meisie.

En al julle belustige oë. Here,
lakin-kak en bed en toontjies
as julle verwag, ouens op Facebook, Instragram en in haar klas,
dat ek, my meisie, leen en deel in die kooiens
van julle verbeelding.
Dis ons twee wat lag
(My meisie en ek)

Om af te sluit
Haar ore is dus katedrale.
Haar hande is ook soos wyn.
Haar voete is beter as Da Vinci-werke.
Roosblaar en klein konyn.
Porsies spek en bloed
Nie van die beste nie
Maar dié beste in ons land.

My Emily
Nog nie My Vrou nie Breyten
maar wel
My Meisie.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top