"My Ma Sê Ek Moenie" deur Beulah Lee Harris

  • 0

My Ma Sê Ek Moenie

Sy is die mooiste meisie
en ek wil vir haar hê
Maar kan jy glo
wat sy vir my sê?

REFREIN:
Sy sê
Ek gaanie vir jou soenie
want my Ma sê ek moenie
Ek dink jy's 'n egte ou
Sy dink jy's 'n slegte ou
Ek gaanie vir jou soenie
want my Ma sê ek moenie

Ek koop vir haar kos
Ek gooi vir haar 'n dop
Maar sy kon my eerder
op die maermerrie skop

Sy sê
Ek gaanie vir jou soenie
want my Ma sê ek moenie
Jy het die mooiste bekkie
maar ek is nie so gekkie
Ek gaanie vir jou soenie
want my Ma sê ek moenie

Ek kon dit nie help nie
ek moes vir haar vra.
Het sy iets van seks gesê
is dít okay met jou ma?

Sy sê
Ek is nie so groenie
Ek gaanie vir jou soenie
Vat jou hande van my bene af
ek is nie so los en laf
Ek gaanie vir jou soenie
want my Ma sê ek moenie

Ek gee nou regtig op
Ek gooi vir my die sterkste dop
Dit is nou finished
Dit is nou klaar
Sy gaanie vir my soenie
en ek haat haar flippen Ma

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top