"My long" deur Suzanne Scholtz

  • 0

My long

In oranje, rooi en liefde
het dit opgevlam, opsy
Die vlamme van verlange
het koud gebrand in my

Voor die donker kon kom
het ek terug huis toe gegaan
maar nie terug na hom

Lank het ek gesit en gewag
met my denke gestry, myself te min geag
Ek het die alleen sien sonsak onderskat
Toe ek my rug draai het dit vlamgevat
Bloue, perse, sagte pyn
het ek weer seergekry

REFREIN:
My wonde gloei soos die spyt daardeur sny
Ek het die bed opgemaak en weggery
Het hom gesê dat ek alleen wil bly
maar hy bly 'n long in my

Soos my tweede pakkie sigarette einde toe staan
Bekruip begrip my, ek verstaan
My bors trek toe, ek hoes, ek’s skaam
Ek soek net liefde, ek bly alleen, al een eensaam

REFREIN

Verlei, misbruik, groen
Wil dit nie glo nie, dit pas my soos 'n skoen
Wil dit nie dra nie
maar ek is wat ek is
My eie verraaier
'n Masochis

Brug:
Probeer hom smoor
hy't my droom vermoor
hy't myself verloor
Die as waai af die rook deurtrek hom
Toe ek my oe uitvee verwoes ek my eie long

Koor:
My wonde gloei soos die spyt daardeur sny
Ek het die bed opgemaak en weggery
Het hom gesê dat ek alleen wil bly
Maar hy bly 'n long in my

Swart teer rou
Het ek myself onthou
moeg stukkend gaap
Ek het nie die bed opgemaak nie
maar iewers moet ek slaap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top