my liewe Mens

  • 0

hoe goed ken Mens Mens Self, ongeïnformeerde,
hoe vrees-, angswekkend, permanent, doodsreuk,
hoe onverbid’lik, koelbloedig, neo-Self-destruksie,
strook perspektief mos glattie, m’t “gelowige” s’n

dring haat, nyd, afkerigheid, jaloesie, dobbelporn,
etteragtig-erg, op oorlogsvlak, Playstation-skerm,
innie ruïnes, pasgetroude paar, beide weggeblaas,
innie plek waar Boek gevat, Spiritualiteit gedeel is

kanti, meerderheidsmening, -wil, noggie legitiem,
“Duiwelspiek”-dissipels hulpbronb’donnerd, eish,
promoveer Mens Mens Self, klinies, totte terroris

triomfeer Self-destruksie, Kapitaal, niks vir Naaste,
mede-Mens, g’-”ras”, g’-“klas”, Eerste Mens laaste,
Millennium Drie Krisis: t’veel bronverdelingsbaaste

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top