:My liefde net vir jou" deur Carien de Beer

  • 0

My liefde net vir jou

Mag die engele jou dra
As die einde my inhaal
Mag die son weer oor jou skyn
As die donker jou laat val
Onthou net wat ek van jou vra:

Koor

Elke blom van elke somer is my liefde net vir jou
Elke glimlag ’n gedagte as my liefde jou toevou
In die donkerste van nagte is ek altyd aan jou sy
Weet net dat my liefde altyd by jou bly.

As ons kinders liefde vind
En die gedagte laat jou smag
Weet ons liefde sal ons bind
En onthou dat ek nog wag
Al sal jou trane jou verblind.
                      
Koor

In jou gedagtes bly ek naby en jou hart maak my weer leef as jy weet.

Koor

Weet net dat my liefde altyd by jou bly.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top