"My lewe" deur Willem Basson

  • 0

My lewe

Ek was altyd alleen
Tot ek haar ontmoet het
Sy was alles vir my
En toe moes jy alles opmors
Al wat ek soek
Al wat ek vra

Is net ’n stukkie van my lewe
En die ironie van alles is
dat ek jou vir dit moet vra
Want dit behoort aan my

Ek soek glad nie goud nie
Wat is dit vir my werd
Sy is baie meer werd
En jy mors altyd alles op
Al wat ek soek
Al wat ek vra

Is net ’n stukkie van my lewe
En die ironie van alles is
dat ek jou vir dit moet vra
Want dit behoort aan my

Maar my lewe is myne
Ek kan maak daarmee wat ek wil
Jy’t geen sê meer in my lewe
Ek vat nou meer

As net ’n stukkie van my lewe
En ek gee dit vir iemand anders

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top