"My kind, net vir jou" deur Susan Stoltz

  • 0

My kind, net vir jou

Sê vir my
Hoe kan Mamma jou wys
Jy’s nommer een op my lys
En ek lief jou my pop

Mariska
Kyk, my oë sê vir jou
Dat jy my kan vertrou
Jy’s die punt van my hart

KOOR:
Vir jou sal ek monsters
seerowers en wolwe
selfs drake trotseer
My kind net vir jou
Gifappels en hekse
reuse en spoke
sal ek vreesloos afweer
My kind net vir jou

Glo vir my
Net wat jou hart begeer
Omdat Mamma jou waardeer
Sal ek berge verskuif

Mariska
Ek is so trots op jou
En ek wil nooit verbrou
Jy’s die appel van my oog

KOOR:
Sneeuwitjie gaan vra ek
of haar dwergies met
jou mag kom speel
My kind net vir jou
Gouelokkies verkla ek
op die daad as sy
jou pap durf steel
My kind net vir jou

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top