"My hart klop stof" deur Hansen Pieterse

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Gisteraand het ek weer jou naam gehoor
Dit was die tweede keer, ek't jou uit my hart verloor
Ek het my stem al lankaal seer gesing
Aan ? duisend songs om jou weer terug te bring
Ek't oneinding maal probeer
Om my hart te stort, maar my tong stom elke keer

REFREIN:
Want baby, baby
My hart klop stof
En ek verlang na jou

Elke dag sien ek jou voor my gesig
Dis die beeld van ? engel, omring met wit lig
My skaduwee hang teen die muur
Dit trek my af en word net swaarder elke uur
Die uurglas loop net leër en leër
Ek's op my knieë en ek probeer, maar ek val net neer

REFREIN:
Want baby, baby
My hart klop stof
En ek kort jou hier by my

? Traan rol saggies oor my wang
Dis die traan van liefde waar ek stil, stil na jou verlang
Dit is nou tyd om vrede te maak
Dat ek nie meer oor jou nie, maar jy oor my waak
Tot die dood my eendag hier kom kry
Sal my hart vir jou klop, vir ewig net ek en jy

REFREIN:
Want baby, baby
My hart klop stof
En behoort nou ewig net aan jou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top