LAPA se Valiant Swart-weggee: Vloek van die kitaar

  • 0

My gunsteling liedjie van Valiant Swart is Vloek van die Kitaar. 

Elke keer as ek hierdie liedjie luister, selfs toe ek na Valiant op die verhoog by hierdie jaar se Oppikoppi-musiekfees geluister het, het dit my herinner dat musiek soms ’n vloek kan word. ’n Vloek bedoelende dat mens jouself so kan inleef in musiek dat drome en bekommernisse kan albei verdwyn op daardie oomblik. Soos baie kunstenaars al hulself in musiek verloor het, Kurt Cobain, Jimmy Hendrix, Koos du Plessis ... Valiant is een van daardie kunstenaars wat hulself al verloor het, maar weer gevind het. Hy’s ’n inspirasie vir enige musikant of bewonderaar van die Afrikaanse rock-generasie. Musiek kan ’n vloek wees maar dis beslis ook die beste medisyne!

Thea-Elay Korff

Wat is jou gunsteling-liedjie van Valiant Swart en waarom? Stuur jou antwoord aan [email protected] en staan ’n kans om ’n kopie van Trouens en terloops, ’n versameling van Valiant se gewildste rubrieke, met die komplimente van LAPA Uitgewers te wen. Klik hier vir nog besonderhede.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top