My gedig

  • 0

SOLOTYD

Ek alleen-mens
Vasgevang in ongebondenheid
Dwang na Vryheid oorbevredig
Versadig sat
Van alleeenlopendheid

Kersgety familietyd
Dring deur tot enkelheid
Elke intieme samesyn
Geveto tog beny

Nuwe jaar met jou nuwe gesig
Splinternuwe moontlikheid
In hernude hoop
Groet ek jou
Afgestand in solo tyd

 

VOLHEID

En as vrees vlak lê
En emosies diep loop
En histerie wil-wil
Borrel en oorloop

Dan weet ek
Dis nog vroeg in die dag
En die oop ure
Jaag bang in my

En ek maak my siel oop
Stel my wese bloot
Maar net die stilte
Onvervul die leemtes

Die tasbaarheid van die niks
Verkrag my hoop
En laat my liefde bloei
Maak my vreugde stom

As daar nie volheid was nie
Was daar nie ooptes nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top