"My fiktiewe helfte" deur Nadia Schultz

  • 0

My fiktiewe helfte

Dit frustreer my,
jy beheer my.
Ek kan nie kophou sonder woorde.

Ek kan nie los nie,
nooit verlos nie.
Dis soos gebreekte leë akkoorde.

Jy figureer nog net in my drome.
Jy is wie ek blameer vir die woorde.
Jy ... is op die horison.

Jy fassineer my,
jy waardeer my.
Jy is altyd in my kop.

Altyd waarom,
altyd hoekom.
Kan ek nooit net liefde aanvaar nie?

Jy figureer nog net in my drome.
Jy is wie ek blameer vir die woorde.
Jy ... is op die horison.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top