
Foto: Canva
My ewige geskenk
Ek voel jou in my lag
my huil, my stilte
en die voëls se sang.
Dan hoor ek jou voetstappe
weergalm in my siel
en ek weet jy’s hier.
Soos van ouds
bring jy rustigheid by my,
jou teenwoordigheid
my ewige geskenk
1
Foto: Canva
My ewige geskenk
Ek voel jou in my lag
my huil, my stilte
en die voëls se sang.
Dan hoor ek jou voetstappe
weergalm in my siel
en ek weet jy’s hier.
Soos van ouds
bring jy rustigheid by my,
jou teenwoordigheid
my ewige geskenk
1
Kommentaar
Hierdie tref my want ek sê altyd my ouers is dood, maar hulle is nog hier, in my. Soms praat ek soos hulle, of lag soos hulle en trek my oë op skrefies, soos Mammie gedoen het. Ons ouers sterf nooit, hulle lewe voort in ons, dit is wat die gedig vir my sê. BAIE MOOI!