My enigste song
Jou lippe is ’n serenade
’n love song net vir my
Jy bly die mooiste klank
na al die ander se geraas
Tyd is ons vyand
wanneer ons saam is
Oomblikke hardloop,
sekondes haas
En in my steek jy
’n vuur aan die brand
Sien tot in my diepste dieptes
’n Siele-ontmoeting
In jou vind ek rus
Met geen valse noot
in die spore op my lyf
Kan jy die worries verdryf
oor die lewe se sin
Want saam met jou
is elke dag
’n nuwe begin
Kom nader,
sodat ek in jou oor kan fluister
Dat jy die enigste song is
waarna ek vir ewig wil luister
Ons twee, ’n perfekte melodie
Harte saam, in harmonie
Jy, jy is die wysie
wat in my kop bly vassit
Geluk is ons vriend
as ons bymekaar is
Oomblikke jubel,
sekondes sing
En in my steek jy
’n vuur aan die brand
Sien tot in my diepste dieptes
’n Siele-ontmoeting
In jou vind ek rus
Met geen valse noot
in die spore op my lyf
Kan jy die worries verdryf
oor die lewe se sin
Want saam met jou
is elke dag
’n nuwe begin
Kom nader,
sodat ek in jou oor kan fluister
Dat jy die enigste song is
waarna ek vir ewig wil luister
Kom ons skryf die note saam
vir ons love song, ons enigste song
Van nou af wil ons geen ander hoor
Dis net ons musiek wat van nou af tel
![]() |



