My Coke is flat

  • 2

Fotobron: Canva

My Coke is flat

Die jaar smaak so bietjie soos flat Coke,
soos pap tjips ná ’n party,
soos die gal van kots
ná die een-te-veel drankie,
soos matriekeindeksamen.

En nou
behoort dit óók aan die sand,
wat tydloos in my swembroek bly
ná ’n lang dag op die strand.
Daar waar ons hormone gebrand het,
soos ’n strandvuur,
met ’n bietjie goud om die liefde
af
te
sluk.
Daardie rou liefde,
wat so aan mens knaag,
toe mens nog bang was om ’n eerste soen te waag.

Dit smaak vir my soos herinnering
aan dae toe daar nog borrels in my Coke was.

  • 2

Kommentaar

  • Dit is skitterend geskryf. Marthinus het al die pad gestap. Hy skryf van manne goed. Dankie dat jy dit vir my gestuur het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top