My beurt om te kla en kerm

  • 4

Ek lees gereeld Jan Rap se bydraes en van sekere ander persone maar is redelik kieskeurig wie sin ek lees. Dit is nou maar soos die draadloos-mense gou vir jou sal beduie as jy dit durf noem dat daar iets krapperig is, as jy dit nie laaik nie sit die draadloos af. My flippen hel, ek kan dan slange vang. Is die mense nie openbare uitsaaiers nie, en moet hulle nie die bydraes, hetsy positief of negatief van die luisteraar in ag neem nie. Die breë publiek en adverteerders betaal mos hul salarisse, dan nie?

Ek wil ook net my mening lug oor die inhoud van sekere briewe wat gereeld op die net verskyn. Ek is al so uitgemergel oor die onderwerpe homoseksualiteit en Godsdiens ek sal sommer weer die fles opvat. Homoseksualiteit is vir my 'n uiters vervelige onderwerp. Ek is 'n lesbiër en loop nie daarmee te koop nie en ek probeer dit nie in elke mens se keel afdruk nie.

Wat my moermeter vinnig in die rooi druk is die verguising van die Afrikaner, sy taal, kultuur en lewenswyse. Soos in elke gemeenskap kry jy die familie vir wie jy lief is, maar praat nie graag oor hulle nie. Hoekom word die Afrikaner op elke vlak van die samelewing as agterlik, dom en platvloers afgemaak.

Ek woon hier in die laaste buitepos van die Ingelse ryk. As jy wil platvloers sien moet jy tussen die lot kom kyk wie hier bly. Ek sien ook rooi as iemand my as "old school" beskryf. Diesulkes weet nie van goeie maniere, hoflikheid of sosiale/openbare gedrag nie. Ek blameer die ouers van die gebroedsels. Dit wys jou net hoe hulle opgebring is. Die vrou wat die boek geskryf het wat Jan Rap wil reghelp. Dit help nie om met sulke mense te redeneer nie. Hulle het hul vooropgestelde idees en sal not 'n donner daarvan afsien. Ek het nie die boek gelees nie, maar volgens een aanhaling wat ek in Jan se brief gelees het dat die Afrikaner nie kan of wil byhou nie, die tannie snuif iets. Die dame probeer op 'n baie subtiele manier die Afrikaner afkraak en kry dit trouens by haar lesers reg. Wat my ook hier in klein Ingeland opgeval het, is dat die groot Ingelse skole na die Afrikaanse laerskole toe gaan en die kinders koop wat op sportgebied uitblink. Glenwood High is 'n sprekende voorbeeld daarvan. So ook is Westville Boys, wie se hoofseun twee jaar gelede 'n Afrikaanse kind was.

Ek het tydens die Paasnaweek se rugbytoernooi by Kearsney College langs Ingelse mense gesit. Kearsney speel toe teen Affies van Pretoria. Een Kearsney-speler gooi toe 'n Affies-speler op die grond neer. Die man se aanmerking was "rugby is not for sissy's"  'n Rukkie later duik een van Affies se spelers 'n Kearsney-skolier by die kantlyn uit, toe moet jy die Ingelsman se bek hoor. Iets van "robust and illegal play of the boneheads". Ek het maar ander pad gekyk, wou nie die rooiwangetjies voor sy familie in die verleentheid stel nie.

Om terug te kom na die draadloos. RSG se Afrikaanse omroepers, besig 'n geroesemoes van Afrikaans. Daar sal diesulkes wees wat sal aanvoer dat taal moet groei volgens die omstandighede en tye. Gaaf, maar asseblief moet dit net nie verkrag nie. Hoor nou die dag van reklameer. Ek neem aan dit is reklame wat 'n werkwoord geword het. Is daar so woord en vra ek nederig om verskoning indien daar is.

Ek hoor ook litte in die samelewing wat askies vra namens die blankes dat die taal by 'n ander bevolkingsgroep gesteel is. Kan jy nou meer. Dit is om van te huil en te kots. Ek probeer nie die tale meng wat ek kan praat nie. Ek praat gereeld met Zoeloesprekendes. Ek het al stelle afgetrap waar ek met my beperkte Zoeloe 'n gesprek wil voer en is dan deur die ander persoon vriendelik gevra of ek iemand kan kry wat Zoeloe vlot kan praat, of het oorgeskakel na Engels. Ons TV-kanale is ook skuldig aan verkragting van Afrikaans. TV2 sal mens kan verstaan, maar KykNet se  Afrikaans sluk ek moeilik aan. Dit is hoofsaaklik die nuuslesers.

Ek het nou op hou kla en kerm, tot ek weer iets anders kan kry of iets onthou wat my spoeg bitter maak.

Sterkte tot die volgende kla-sessie. Ek dink ek sal kla oor sosiale of openbare gedrag. Maar dit is vir 'n volgende keer.

Reusedwerg

Kommentaar

  • Reusedwerg.

    Jy skryf:  "Ek is al so uitgemergel oor die onderwerpe homoseksualiteit en Godsdiens ek sal sommer weer die fles opvat. Homoseksualiteit is vir my 'n uiters vervelige onderwerp."

    Net 'n vraag.  Verwag jy dat die twee onderwerpe hier op die Net onderdruk moet word om aan jou keuse van onderwerpe te voldoen?  My voorstel.  Indien enige onderwerp vir  jou vervelig is, gee dit 'n "skip".  Bv wanneer jy my naam sien, maak my briewe nie oop nie.  Daar is tog ander wat my briewe wil lees, selfs wat homosekualiteit betref.

    Terloops.  Ek is seker Jan sal jou reghelp met taalfoute in jou brief.  Bv  "Dit wys jou net hoe hulle opgebring is". Opgebring!  (Engels = "brought up").  Moet dit nie "opgevoed" wees nie?

    Jaco Fourie

  • Ek lees toe maar vir jou, Reusedwerg ( wat noem 'n mens nou weer hierdie,  Reus en dwerg saamgevoeg, daar is mos 'n woord vir die begrip ) en ek sien julle moffies klap mekaar.

    Kyk toe maar uit blote nuuskierigheid na mof Jaco se " ...............liteit brief.

    Dit blyk daaruit dat julle so gemaak/oriënteer word en nie so gebore word nie.

    Sela.

    Die hele Skrif, ou en nuwe testament verdoem .............liteit.

    Raed-na-Gael

  • Toemaar Raed

    Die moffies klap mekaar nie so erg soos wat die Christene hier op die Net mekaar bydam, selfs by die keel gryp nie (akka Corneels en Kobus als voorbeelde), en dit alles in die naam van Christus.

    Gemaak / ge-orienteer.  Ja. Ek stem. Die Afgani-voorbeeld is welke sodanige geval, soortgelyk aan mans in die tronk wat van vrouens ontsê word.  Maar glo dit of nie daar is tog die wat so gebore is, en al is ek nie 'n Christen nie, die ge-uiterede woorde van Jesus (nie Paulus en die ander nie), toon vir my 'n gees van hoe Christelikheid gelewe behoort te word.

    Jaco Fourie

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top