"My beurt" deur Carli Verster

  • 0

My beurt

As ek kon sit en wag
Vir my beurt om te dans,
sou my voete nog heel wees.
Te veel gedraai en gespring
Tot my geheue nie meer kon onthou
Waar dit begin het nie.

KOOR:  

Ek is gestrek en ly aan die gebrek.
Ek is verslaaf
En glad nie meer braaf genoeg om op te hou.
Jy kan my hand vat,
My wys waar om te trap,
Maar my besluite het dit moeilik gemaak
Om Vaste Grond te kry.

Ek het jou verloor
As ’n prys vir my vertoning.
Geen verskoning, geen verskoning
Sou my foute regverdig.
’n Misverstaande konsepsie van my droom.

KOOR

’n Stap of twee uit pas
Ons ritmes te ver uitmekaar.
As jy kon weet van al die trane
Van al die pyn
Dit het my oorweldig
my weerhou.
Uitasem, stukkend geglimlag.
Sonder enige prag
Moeg gesmeek vir enige Krag.
Sou jy ooit kon sien hoe ver ek sou gaan
net vir jou om my te verstaan.

KOOR

Ek is gestrek en ly aan die gebrek.
Ek is verslaaf
en glad nie meer braaf genoeg om op te hou.  X2
Jy kon my hand vat,
my wys waar om te trap,
maar my besluite het dit moeilik gemaak
om Vaste Grond te kry.
Die Vaste Grond wat my sou lei.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top