Musikale vrede in gebed

  • 7

Ek deel so ’n paar wonderlike oomblikke sonder veel gesprek oor geloof of godsdiens. Godsdiens is ’n persoonlike saak waarin God ons ’n vrye wil gegee het. Elkeen ontvang hul eie innerlike krag van God daarin.

Een van die mooiste musikale oomblikke nog vir my is Andrea Bocelli se optrede saam met die Mormoonse Tabernakel Koor in hul uitvoering van die Katolieke se Onse Vader.




Vir millennia reeds word ons Ewige Vader in menige taal en kultuur aanbid. ’n Baie bekende Joodse loflied deur menige kunstenaar is Avinu Malkeinu (ons Vader; ons Koning).

Ek deel hierdie meesterlike uitvoering daarvan.




Hierdie eg Hindoe musikale uitvoering van die Onse Vader deur Anil Kant en sy gesin is diep in my hart.




Hindi is een van die kleurvolste tale op aarde.


Die liriek van die Onse Vader in Hindi lees as volg:


Aye hamaare baap, tu jo aasman pe hai,


Onse Vader wat in die Hemel is,

Tera naam paak mana jaaye, aur teri baadshahat aaye,


Laat U naam geheilig word, Laat U koninkryk kom,





Teri marzi zameen pe ho puri, jaisi aasman pe hai.


Laat U wil geskied, op die aarde net so in die Hemel,

Hamari roz ki, roti humein de,


Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Gunaah kar maaf saare, tu hamare aye Khuda,


En vergewe ons, ons sonde

Humne bhi apne gunaahgaron ko ab maaf kiya,


Nes ons hulle vergewe wat teen ons sondig

Aazmayish mein na laa,humko burayi se bachaa


Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose,

Aye hamare baap tu jo aasman pe hai ...


Ons Vader in die Hemel,

Kyunki baadshahat aur kudrat,


Want aan U behoort die koninkryk en die krag

Aur jalaal hamesha tere hi hain,


En die heerlikheid tot in ewigheid

Ameen


Amen


Maar dan is daar Afrika se Baba Yetu. Swahili is ’n wyd gesproke taal in Afrika. Die mooiste opname van die Onse Vader in Swahili is hierdie deur ’n kinderkoor in Tanzanië.




Een van die grootste oomblikke aan die Suidpunt van Afrika was hierdie op Lotus.




Dis is sekerlik die grootste samekoms ooit wat onse Vader in hart en siel op een plek geloof het.


Musiek is egter nie net die wisseling van note nie.


Hierdie Hebreeuse gebed uit die hart van ’n medemens is ewe musikaal.



Geloof en hoop in iets wat nie bewys kan word nie is presies dit - geloof!

God openbaar Sy spesiale verhouding met ons in elke kultuur en Godsdiens.

Oral sing, dans, en verfraai mense tot eer van GOD.

Geloof, hoop en liefde is elkeen se empiriese ervaring in die lewe.

My betoog is dat as jy daardie ervaring vir jouself toe-eien, jy ander se persoonlike ervaring om te glo, hoop en lief te hê, ook moet respekteer. Ag jou eie ervaringe. Niemand - nie eens die dood - kan jou dit ontneem nie. Niemand kan dit eien of ontsê nie. Geen wetenskap kan dit verklaar nie. Dis joune - net joune!

Elke naam wat’n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het is vir my heilig. Harte wat ons Almagtige Lewende Skepper eer behoort aan Hom. God openbaar Homself na Sy wil in elke mens, kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans en verfraai mense tot Sy eer. Die Goeie Nuus is dat Hy ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.

Kom ons vat hande en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, Thathagata, Brahman, Big Chief, HaShem ... en dien ons EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle’n mens vir ons almal geword het.

Mag Jesus Christus onse Ewige Vader, self die Tuinier in ’n ieder se hart wees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Die mooiste opname van die Onse Vader in Swahili is hierdie deur ’n kinderkoor in Tanzanië.

    http://www.youtube.com/watch?v=rFEx0jY5emc&feature=related

    Ek waag met my eie poging van die pragtige Baba yetu (Onse Vader) uit Swahili in Afrikaans ...

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig    

    aba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig   

    Utupe leo chakula chetu tunachohitaji
    Gee ons vandag ons kos wat ons nodig het.

    utusamehe Makosa yetu, hey
    En vergeef ons foute, hey  

    Kama nasi tunavyowasamehe waliotukosea
    Soos ons oortreding vergewe  

    usitutie katika majaribu, lakini utuokoe,
    lei ons nie in beproewing nie, maar red ons,  

    na Yule, milelea milele
    en Hy, versorg verewig      

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig    

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig    

    Ufalme wako ufike utakalo
    Laat U koninkryk kom laat U wil geskied  

    Lifanyike duniani kama mbinguni, amina
    Op aarde soos in die hemel, amen.    

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig    

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Mbinguni yetu, yetu, amina
    Ons hemel, ons, amen  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig    

    Utupe leo chakula chetu tunachohitaji
    Gee ons vandag ons kos al wat ons nodig het.

    utusamehe makosa yetu, hey
    En vergeef ons foute, hey  

    Kama nasi tunavyowasamehe waliotukosea
    Soos ons oortreding vergewe  

    usitutie katika majaribu, lakini utuokoe, l
    ei ons nie in beproewing nie, maar red ons,

    na Yule, milelea milele
    en Hy, versorg ewig      

    Katika majaribu, lakini

    In beproewinge, maar  

    Utuokoe, na yule, simama mwehu
    Verlos ons, en dat, neem weg gekhede  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig  

    Baba yetu, yetu, uliye
    Ons Vader, ons, wat is  

    Jina lako litukuzwe
    U naam is heilig

    Elke taal het sy eie hart. As iemand voor jou staan en gesels of sing is dit maklik om die gekoesterde gedagtes te volg.

    'n Byna letterlike vertaling soos hierbo deel eintlik net die gedagte.

    Ek is seker dit sal wel ons Afrikaanse broers en susters se hart ook bereik.

    Swalla Yesus Kristo Baba Yetu wa Mbinguni awabarike wote.

    Asante sana,
    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Jy lieg alweer!

    Jy beweer hierbo "Ek deel so ’n paar wonderlike oomblikke sonder veel gesprek oor geloof of godsdiens. Godsdiens is ’n persoonlike saak waarin God ons ’n vrye wil gegee het. Elkeen ontvang hul eie innerlike krag van God daarin ... Hierdie eg Hindoe musikale uitvoering van die Onse Vader deur Anil Kant en sy gesin is diep in my hart. "

    Die hindoe religie verleen geen erkenning aan die Christelike Onse Vader nie. Om te beweer dit is hindoe, net omdat die kunstenaars, Anil Kant en sy geseënde gesin, Indiërs is, is tipes van jou leuenagtigheid om te probeer voorgee dat die hindoes nou skielik Christelike Godsdiensbeoefenaars, is, sodat dit inpas by jou poespas religie wat van nêrens kom en nêrens heen gaan, nie, behalwe jou eie siek siel.

    Anil Kant is 'n bekende bekeerde Christen gelowige wat uit die hindoeïsme na die Christendom bekeer het, juis omdat hy as hindoe, geen vervulling of Godservaring kan bekom, nie. Nadat hy tot die Christendom bekeer het, het hy sy vervulling verkry. Sy getuienis is in krasse teenstelling met jou bewering, en is inderwaarheid 'n wonderlike, kragtige en bemoedigende bewys van die doodsheid van die religieë  wat jy so aanhang en ophemel teenoor die Lewe van die enigste ware Godsdiens, die Christendom, omdat die Christendom die enigste ware God dien en eer - God - Drie-enig in die HERE Jesus Christus en so is Anil se getuienis lewende bewys van die  Woord Wie Lewe selfs in die Bybel, waar die Gees van God bedien teenoor opregtes - die opgetekende Woord, opgeteken, soos sy gebed vir verlossing op die plek verhoor is met Johannes 14:6 wat voor hom oopgegaan het. En juis oor hierdie opgetekende Woord is jy op rekord waar jy die versugting uitspreek dat daar liewer sonder gedoen moet, word.

    Anil Kant se aangrypende weergawe van die Onse Vader en sy getuienis is diep vanuit sy Christenhart en is juis die wonderlike  lewende voorbeeld van hoe ingrypend bekering is en veral, dat hy hoegenaamd nie bekeerd was terwyl hy vir jare sedert kindsbeen, as toegewyde hindoe gelewe het, nie. Dit weerspreek lynreg wat jy in jou kamstige onskuldige relaas hierbo, wat eintlik die gif van die adder is waarvoor die Heilige Gebed van die HERE hierdie keer deur jou misbruik, probeer deurgee.

    Wat het die sielsverrykende Christelike byeenkoms op Loftus met die bekende Louis Brittz as voorsanger van die Onse Vader, te make met die Judais en die hindoe wat jy saam wil inprop, terwyl hulle onderskeidelik geen erkenning aan die HERE Jesus Christus, die HERE van die Onse Vader – ’n heilige Gebed wat juis deur die HERE Jesus Self aan die Hemelse Vader (God die Vader) opgedra is, verleen, nie?

    Wat het die Judais se lied met die Onse Vader te doen - die Onse Vader, wat by die werking en implikasie daarvan erkenning verleen aan die Drie-enige God, aan die HERE Jesus, Wie deur die Judaïste verloën, word, maar so asembenemend mooi deur die Mormoonse koor, 'n effe aweregse Christelike denominasie, bevestig en uitgevoer, word?

    Waarom kan jy nie anders, as om te lieg en te verdraai en te mislei, nie? Wat is verkeerd met jou? Waarom moet jy gedurig iets wat pragtig en rein is, besmet met jou leuens? Wat is aan die gang met jou? Ly jy miskien boonop ook aan mitomanie?

    Selfs die Tanzaniese kinderkoor is 'n Christelike instansie wat niks met die Judaïste of hindoes te make, het, nie.

    Sonder om nou op jou 'vertalings' van die ander "Onse Vaders" te gaan ondersoek instel, is dit in alle waarskynlikheid ook verdraaide stories en leuens.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Heil die leser.  

    Net omdat Kobus de Klerk so seg beteken allermins dat dit so is (behalwe natuurlik vir die massas naïwelinge wat aan sy waansin hang).  

    Ek vra vergifnis dat die vrede in hierdie bydrae weereens deur die werf se duiwelbesete hoëpriester versteur moes word.  

    Geen mens kan aan ’n ander geloof in God gee nie.  

    Wyl ek vrede het met wat Kobus de Klerk glo of nie glo nie, is daar duidelik geen salf te smeer aan sy anderhaat en sogenaamde "kwelgeestighied" waarvan hy ander so maklik beskuldig nie.  

    Elkeen van ons behoort ten volle afhanklik van die krag in ons eie hart te wees.  

    Ek beskou Godsdiens as die kollektivisering van daardie empiriese belewenis in elkeen se hart. Dit werk van binne na buite; anders as Kobus de Klerk en sy lakeie met hul ware Christengeloof wat deur breinspoel van buite na binne uiteindelik in geskubde spirituele intelligensie manifesteer.    

    Ter wille van enigeen wat sou belangstel deel ek net graag die volgende en algemene kennis.  
    Katoliek met ’n hoofletter bedoel die Roomses wyl katoliek met ’n kleinletter die Heilige Algemene Kerk in Jesus Christus bedoel.  

    Die Heilige Algemene Kerk in Jesus Christus strek oor die afgelope 2000 jaar reeds waarin harte Jesus onse GOD in menige taal en kultuur dien.  

    Jood, Christen en Hindoe verwys nie vanselfsprekend na Godsdiens nie.  

    Dis aanvaarbaar vir mense om hul lewenswyse as Jode te voer ongelowig te wees. Daar is baie sulke Jode waarvan Albert Einstein en Carl Sagan enkeles is.  

    Daar is ook menige Afrikaner deesdae wat openlik ’n Christelike leefstyl voer wyl hulle ongelowig is. Om Hindoe te wees is geen uitsondering nie.  

    Hindi is die Taal van Hindoes.  

    In my bydrae hierbo het ek baie spesifiek na Anil Kant en sy gesin se aanbidding in Hindi verwys asook die feit hul uitvoering van die Onse Vader eg aan die Hindoe kultuur is (nes Boeremusiek eg aan Afrikaanse kultuur is).  

    My vertaling van die Onse Vader is dan ook uit fonetiese Hindi na Afrikaans.  

    Nes daar miljoene Afrikaners met uiteenlopende kultuurervaringe is, net so is daar nog veel meer Hindoes met uiteenlopende taal, kultuur en Godsdienservaringe.    

    Ek ken nie Anil Kant en sy gesin so goed of persoonlik soos Kobus de Klerk omtrent homself en sy wete omtrent die gesin voorgee nie.  

    Ek weet wel dat Anil Kant homself as ’n Hindoe beskou nes menige ongelowige Afrikaner hulself steeds as Afrikaners beskou.  

    Ek ken wel genoeg ander katolieke Hindoe broers en susters om te weet dat Kobus de Klerk se spirituele intelligensie oor Hindoes se aanbidding van Jesus Christus onse HERE geGoogle is.

    My Hindoe broers en susters hier aan die Suidpunt van Afrika aanbid Jesus Christus onse HERE in Hindi getrou aan hul Hindoe kultuur. Dit lyk en klink op die oog af nes die van Anil Kant.  

    Om gelowig of ongelowig te word impliseer seker nie verloëning van jou kultuur - behalwe die van Moslems nie.  

    Ek weet eerlik nie wat Kobus de Klerk se spirituele intelligensie en ware Christengeloof so verwar dat hy meen die Tanzaniese kinderkoor iets anders te make het met Jode en Hindoes nie, behalwe dat hulle as Katolieke in hierdie geval dieselfde Hemelse Vader aanbid.  

    Die Joodse woorde Avinu Malkeinu beteken ons Vader - ons Koning.  

    Dis baie hartseer om te lees hoe Kobus de Klerk in sy demonies besete anderhaat voorgee dat hy kamstig ander se harte in hul aanbidding van onse Vader kan bepaal om te weet wie aanbid onse Hemelse Vader en wie nie.

    Ag, en so sal Kobus de Klerk en sy duiwelsgeestige nalopers als verskeur en vertrap wat vir ’n ander heilig is.  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons van Kobus de Klerk se bose aanslag verlos en Self weer vrede in ons harte bring.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Voorts omtrent Kobus de Klerk se neerhaling van die Jode se aanbidding tot onse Avinu Malkeinu.  

    Soos daar geskrywe staan (Jesus in gesprek met die Samaritaanse vrou by die fontein): Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode (Johannes 4:22).  

    Ek (Paulus) vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ’n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? Hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe ... Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! ... Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? ... Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid, so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang (uit Romeine 11).  

    Lees nou Kobus de Klerk se geskubde spirituele intelligensie daarmee saam: Wat het die Judais se lied (met verwysing na die meesterlike uitvoering van Avinu Malkeinu in ’n Sinagoge hierbo) met die Onse Vader te doen - die Onse Vader, wat by die werking en implikasie daarvan erkenning verleen aan die Drie-enige God, aan die HERE Jesus, Wie deur die Judaïste (sic) verloën ...  

    Maar dis nie net in die Bybel wat die band tussen die Onse Vader en die Jode se Avinu Malkeinu staan nie, kyk gerus hierdie uitvoering deur Messiaanse Jode van die einste Avinu Malkeinu.

    En dan is daar die bekende uitvoering deur Barbara Streisand:

    Avinu malkeinu sh'ma kolenu Avinu malkeinu chatanu l'faneycha Avinu malkeinu alkenu chamol aleynu V'al olaleynu v'tapenu ... Avinu malkeinu Kaleh dever v'cherev v'raav mealeynu Avinu malkeinu kalehchol tsar Umastin mealeynu ... Avinu malkeinu Avinu malkeinu Kotvenu b'sefer chayim tovim Avinu malkeinu chadesh aleynu Chadesh a leynu shanah tovah ... Sh'ma kolenu Sh'ma kolenu Sh'ma kolenu ... Avinu malkeinu ... Avinu malkeinu Chadesh a leynu ...  

    Sjalom  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Meer omtrent die Mormoonse Tabernakel Koor saam met Andrea Bocelli hierbo.  

    Die koor bestaan hoofsaaklik uit lede van die "Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" - of te wel LDS. 

    In die genade van my ervaring in aanbidding saam met my LDS broers en susters, weet ek dat die uitvoering van die Onse Vader deur die Mormoonse Tabernakel Koor opsigself ’n baie sonderlinge ervaring is.  

    LDS lidmate bid nie geskrewe of memorisasie gebede soos die Onse Vader nie aangesien hulle beskouing daarvan ’n ydele herhaling van woorde sou wees.  

    Die LDS verskil van Katolieke en Anglikane se liturgiese gebed soos ek persoonlik met Protestante se drie-eenheid dogma verskil (Jesus Christus onse Drie-enige God is die gekoesterde aanhef in my hart - God alleen ken egter die bedoeling in elkeen se hart en vandaar my respek vir enigeen sy aanbidding tot God).  

    Daarom is die optrede van ’n gewyde Katoliek soos Andrea Bocelli BAIE wonderlike ervaring  in die uitvoering van die Onse Vader saam met die Mormoonse Tabernakel Koor. 

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Hier is die relevante dele van die HERE se gesprek met die Samaritaanse vrou, wat jy uiteraard nie begryp nie:

    " 21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. 23 Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en Waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. 26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!" - Johannes 4:21-26.

    Die saligheid is uit die Jode, beteken dat die HERE uit die Jode gereken, word - hoewel die Jode dit tot vandag toe, verwerp en daarmee ook die HERE se Godskap,  Goddelike Seunskap en Messiasskap, behalwe die van hulle wat intussen tot bekering gekom, het.

    Daarmee is dit afgehandel.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Na my magteloosheid omtrent Kobus de Klerk se vertrap hierbo, kom die herinnering aan ? fantastiese boek getiteld Antagonists in the Church – how to identify and deal with destructive conflict.

    Dis geskryf deur Kenneth C Haugk.

    ? Aanhaling omtrent die boek: “Antagonism exists in the church. It leaves in its wake broken lives: people who are hurt, discouraged, and apathetic. Although only a very few persons are antagonists, these individuals have the potential to disrupt and even destroy a congregation's mission and ministry. In this balanced and practical book, Kenneth Haugk shows how congregational leaders can learn to prevent or reduce much of the pain and suffering caused by antagonism; tell the difference between constructive, healthy conflict and destructive antagonism; and cope with antagonism when it arises.”

    Haugk se definisie van ? antagonis: “Antagonists are individuals who, on the basis of non-substantiate evidence, go out of their way to make insatiable demands, usually attacking the person or performance of others. These attacks are selfish in nature, tearing down rather than building up, and are frequently directed towards those in a leadership capacity.”

    Lees Kobus de Klerk se eerste woernaal hierbo en besluit self.

    Haugk se kontrolelys vir antagonisme: 1) Is his or her behavior disruptive? 2) Is the attack irrational? 3) Does the person go out of their way to initiate trouble? 4) Are the person’s demands insatiable? 5) Are the concerns upon which he or she bases the attack minimal or fabricated? 6) Does the person avoid causes that involve personal risk, suffering, or sacrifice? 7) Does the person’s motivation appear selfish?

    Haugk stel met sekerheid dat antagoniste een of al hierdie persoonlikhede toon: 1) Negative self-concept 2) Narcissism 3) Aggression (this includes passive aggression) 4) Rigidity 5) Authoritarianism

    Nog 'n stukkie uit Haugk se boek omtrent al my ervaring met Kobus op die werf: “Antagonists are people viewing the world as a chain of dominant/submissive relationships, or as an unending series of ‘them and us’. In an antagonist’s viewpoint, there are no neutrals, and if you disagree with them, you are an enemy.”

    Enigeen wat Kobus de Klerk nie eer nie is al so deur die boef en sy nalopers beledig.

    Haugk se goeie raad: “If you know anyone in the community who evokes this behavior, perhaps you should consider refusing to enable it. Strong people who take the action needed to remove disruptive personalities from a community are less vulnerable to antagonists. Religious leaders have a divine responsibility to remove these destructive people in order to defend the community. Except for removal (which may not be practical), the only other possible counter is to ignore the antagonist. Antagonists feed off attention; they do not care whether it is negative or positive, as long as someone is feeding their desperate need to be noticed and to be the center of attention. In my experience, this works better than removal. Removal, even if you do it by the rules and for good reasons, creates martyrs.”

    Kobus de Klerk bedryf reeds so as infernale haagprediker sy huiskerksekte weg van ander gelowiges.

    Mag Jesus Christus self die Troos in ons harte wees.

    Namaste!  

    Cornelius  

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top