Musiek is my denke
In die donker gange van ’n verlate siel
lê daar hoop.
In die donker ’n klank van vreugde.
Gee my die geur van jou lewe.
Gee my die liefde van ’n ware passie.
In die donker gange van ’n verlate moraliteit genees jy my.
Genees my tot ek verlore word in jou woordlose woorde.
Jy is ...
Jy is ...
my chroniese verslawing ...
Musiek is my VERSLAWING.
Harmonie is my hart,
en rym my logika.
![]() |



