Musiek is liefde
My lewe is ’n storieboek sonder woorde
Net prentjies en ’n paar akkoorde
Die prentjies kan mooi of sleg lyk.
Hang af wie jy is, en hoe jy daarna kyk
Die boek is geskryf sonder keuse
Deur ’n persoon sonder ’n leuse
en voor jy die slot af-eindig
Moet jy dit bemeester
of jy word verwyder
Refrein
Kyk in my oë,
en musiek is al wat jy hoor
Sonder musiek
het ek myself lankal verloor
Dis ’n melodie wat my hart se punt penetreer
Dit maak dat als, behalwe liefde, verweer
Sonder liefde
het ek myself lankal verloor
Die lewe is ’n eenvoudige resies
Met ’n paar komplekse obstruksies
Mense noem dit fate of destiny
Ek noem dit my eie bitter simfonie
Gekomponeer sonder my beheer
Om die snare te strum maak ook soms seer
Musiek is meer as ’n kultuur
en deur dekades sal dit tot in ewigheid duur
Refrein
Kyk in my oë,
en musiek is al wat jy hoor
Sonder musiek
het ek myself lankal verloor
Dis ’n melodie wat my hart se punt penetreer
Dit maak dat als, behalwe liefde, verweer
Sonder liefde
het ek myself lankal verloor
Op die einde van die dag
het ons almal mekaar verloor
Jy dink dis musiek
Maar net liefde bly oor
’n Liefde vir haat
’n Liefde wat kwaad maak.
Sonder musiek
het ek liefde lankal verloor
![]() |



