Mure
Ek wonder nie meer oor die taal wat ek praat nie
Ek wonder nie meer of ek faal in my raad nie
Ek wonder nie meer of jy dwaal as ek praat nie
Ek wonder nie meer nie, want ek weet
Ek probeer nie eers meer om jou te oortuig nie
Probeer nie eers meer om jou wil te buig nie
Probeer nie eers meer om jou te verstaan nie
Ek probeer nie eers meer nie, want ek weet
Koor
Selfs as die mure kon praat
Sou jy nog steeds nie hoor nie
Jy’t lankal besluit wat jy nie wil glo nie
Jou wêreld’s te klein vir my om in te bly
Ek twyfel nie meer of ek jou raak nie
Ek twyfel nie meer of dit jou traak nie
Ek twyfel nie meer dat net jy die mag het
Om jou te verander nie, ek weet
Brug
Daar’s mure rondom jou
Daar’s mure wat jou vashou
Daar’s mure rondom jou
Rondom jou
![]() |



