Soos almal alreeds weet vind die munisipale herverkiesing in Metsimaholo op 29 November plaas. Metsimaholo is n munisipale gebied in die Vrystaat wat dorpe insluit soos Sasolburg, Deneysville en Oranjeville. Die vraag is natuurlik vir wie moet daar gestem word? ’n Baie eenvoudige antwoord sal wees om te kyk watter party se waardes die naaste aan jou eie waardes is en dan vir daardie party te stem.
Dis egter belangrik om ’n ingeligte besluit te maak, want die hand wat die kruisie maak, is die hand wat die toekoms skryf en die inwoners van Metsimaholo verdien ’n beter toekoms. Gaan stem dus op stemdag en dra so by om Metsimaholo vooruitstrewend te maak waarop elke inwoner trots kan wees. Staan dus op, en gaan stem met trots op 29 November in hierdie uiters belangrike herverkiesing in Metsimaholo.


Kommentaar
Is daar nog 'n politieke ideologie wat waardes het?
Frikkie, wie gee nog om oor verkiesings, tensy jy 'n spietkop is?
Ou Hansie, lyk my jy is een van daai ouens wat oor als kla, maar niks verder doen nie. Dit help nie om hande gevou op die kantlyn te staan nie. Ons wat aan verkiesings deelneem is op die veld en is deel van die wedstryd, want ons staan op vir ons mense en veg vir hul regte. Wat doen jy?
Frikkie Lotz, wegblystem is grootste stem deesdae. Het jy nog nie agtergekom dat ons deur minderheidsregering regeer word nie?
Kleptokrate is dieselfde in ANC, DA, EFF en VF+, almal saam in Aldred Milner se koloniale parlement in Kaapstad.
Niemand draai my daai drol in hare dat wegblystem 'n stem vir ANC is nie.