Millennium Drie Homo, propvol sielsv’rlange,
op-’n-af, in duist’r “Duiw’lspiek”-wand’lgange,
staar Self Self blind, onkund’-ontkenn’ngsg’wys,
v’rgete, eksistensie v’n G’wete, Vryheid se Paleis
want Skepp’r’t, sed’rt Skepp’ngstyd, een Doel,
lat Skeps’l m’t God-g’gewe Talent s’l w’l woel
vrede s’l maak daar waar nog oorlog is,
G’wete herwin, v’n Self, re Self b’wus
illusie v’n “ras”-‘n-“klas”, aysh, lout’r Self-d’struksie,
als wat Mens so vaskluist’r, aan ultra-retro-regressie
slegs via G’wete Mens Mens Self Spiritueel korrigeer,
sonne’t bly speelveldg’lykheidsindikator buit’ b’heer
v’r dié wie, Millennium Drie-krisis afwys’nd aanskou,
W’l God Dolgraag al Sy G’nade, Liefde, Mooi, B’hou
Jacobus Faasen

