''Mrs Ball, is thy son at home?''

  • 0

Natuurlik, Hans Richardt ... sou my kinders by Auntie Schwartz se kindertjies kon gaan kuier. Het jy dan nie my vorige brief aan jou oor Engels en die Engelse gelees nie? Of het Alzheimers ingeskop?

Ek moes self by Engelse kinders kuier: waar ons in Swaziland gebly het was nét Engelse kinders (en baie gawe ouens, die lot van hulle) en met almal van hulle het ek Engels gepraat want hulle kon nie Afrikaans praat nie.

Laat my dink, eendag daag ek by een pêl se huis op en, anders as gewoonlik, maak sy ma die deur oop toe ek klop. Met dié dat ek in ’n streng koshuis en in ’n streng skool was en Afrikaans grootgeword het kon ek myself net nie so ver kry om vir ’n grootmens te "jy en jou" nie en ek sê toe vir haar: "Mrs Ball, is thy son at home?" Sy’t nogal mooi bene gehad, ou Kenneth Ball se ma.

"Ye-e-es," sê sy half oopmond terwyl sy my stip dophou. "Wouldst thou mind calling him, please?" vra ek haar toe. Haar gedrag was destyds vir my half eienaardig want sy bly my aanstaar en skree "Ken!", so al asof dit my naam was. Ek en ou Ken was al halfpad by die erf uit toe staan sy nog oopmond in die deur.

Nou ja, op die manier dan.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top