Môre
As jou dag verdwyn en alles om jou heen … lyk so alleen
En dis net jy … so broos en eensaam
Luister dan na jou hart wat praat
Want die aandster skyn as die dag verdwyn
In die hemel … hoog daar bo … in donker tye
Maar pasop, want teen môre het dit weer iewers heen verdwyn
As jou son weer skyn en gister het verdwyn … saam met die pyn
Dis nou verby, kyk die sterre skyn
Luister dan na die stem wat roep
Want jou winterweer het soos mis verdwyn
Oor die heuwel … ver daar voor … oor wye vlaktes
Maar pasop, want teen môre het dit weer êrens heen verdwyn
Die seisoene kom en gaan soos die sterre en die maan
Maar hier bly als dieselfde
Soos die seer hier in my
Dis net hoop, geloof en liefde en gedagtes aan jou
Wat my warm hou in die koue winterweer
Dis net ek en jy en ons twee en my liefde vir jou
Wat my warm hou in die koue winterweer
![]() |



