Al gehoor van “Big Bobber, Cafe Racer, Chopper, Cruiser” ens? Dit is ’n wêreld om in verlore te raak. Al die klassieke style het nie Afrikaanse name nie Jan Rap, dus nie vir die taalpuris nie? Hoe sal ’n man ’n “panhead” of “knuckle head” beskryf? Ek dink die Engelse terme is pragmaties en presies. Die terme is omloop van die ontstaan en begin jare van, nie so suiwer Afrikaans toe nie. Ek dink as taal, het Afrikaans eintlik wetenskaplik ontwikkel vanaf die sestigs, foneties ens. Dus Jan Rap, van Afrika Vlaams na Afrikaans, is net ’n paar dekades, met geykte anglisismes nou as “suiwer Afrikaans”, bv steak en chops, want niemand weet wat ’n beeshaas of allegaartjie op ’n menu is nie? Spyskaart? Ek moes in sestigs nog bid – “segen Vader, gegeven eten, laat ons u nimmer vergeten. Amen.” Vinnig het dit ontaard in “segen vader, segen sop. Hier en daar ’n wurmkop. Amen.”
Hans Richardt

