Morning blues

  • 2

wat lag jy so uitbundig, dis nog so vroeg
jy't dan nie eers 'n enkele tand nie
en waar kry jy krag vir die daaglikse dansie
sonder skoene aan jou skurwe voete

jou huis is 'n dan 'n boks
en jou lewe is 'n straathoek
vir wat wil jy nog sing
waar kom jou lied vandaan

"ek lag vi djille agter die brille
lyk of djille vigeet het hoe
dis vir djille wat ek bietjie sing en dans
hoop dit help djille se morning blues"

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top