Alabasterblink biljoene stringe
DNA plaas energie
in Charlie-sjokolade oë
as jy begrippe
met eenrandstukke
probeer verduidelik
en kerswas vang die flikker
heldering van jy-verstaan!
Eksoties vas tussen amper
lynlose fronsies in die brug van
suikers en whatevers tussen jou oë.
Geniale ADHD verduidelik teen ‘n spoed
onmeetbare getalle in roosvormige patrone
en helikse
wat my omsingel en
wegvoer na ‘n land van dik lesbians
wat sing van droom
en weer probeer
want as ek droom*
sien ek jou daar
tot ek wil sê sit dit af
want daar's nêrens om te vlug.
Hulle sê as ‘n digter vir jou dig
kan jy nie sterf nie,
maar in jou oë
is jy alreeds
moreel immortaal.
*Karen Zoid

