Jan Rap, ek lees jou brief en haal woordeliks aan wat ek vanoggend vir my vrou in die kar gesê het nadat 'n persoon met 'n multisitplek-voertuig reg voor my ingery het. Ek weier volstrek om my hartklop of bloeddruk, wat hand aan hand loop op te jaag. Dit is nie die moeite werd nie.
Daar is een ding wat my bloeddruk egter opjaag en dit is plaasmoorde. Ek het eerstehandse ondervinding, in die sin van naastes verloor agv die barbaarse lafhartige dade. My enigste broer is op 'n plaas doodgeskiet. Hulle het die aand net op die plaas oornag. Wanneer ek die familielede en vriende bymekaar tel wat op so wyse aan hul einde gekom het, is dit agt mense. Almal van hulle is op plase dood geskiet. Hulle was werkgewers. Was voorsieners aan ander mense. Ek is nie 'n sielkundige nie. Dit gaan my verstand te bowe wat dryf 'n mens of in die geval 'n skepsel om iemand koelbloedig om die lewe te bring. Wat sneller jou om tot so stap oor te gaan. Wat my ook verbaas is dat daar mense is wat die banale siening huldig dat dit nie polities inspireer is nie. As dit nie so is nie wat is dit dan?
Ek het afgestomp geraak oor gebeure soos die wat nou in Ingeland gebeur het. Trouens ek is afsydig oor sulke dade in enige ander land. Die lande ervaar nou waarmee ons saamleef.
Ek het regtig nie die woorde om my misnoeë oor sulke optrede uit te spreek nie. Ek is net jammer vir die onskuldiges in die dade. Maar soos ek genoem het, kry vir julle.
Ek het simpatie met die renosters. Ek voel egter, " fuck the rhino save the white ou".
Reusedwerg

