Moord nie meer so 'ernstig' in SA nie?

  • 0

Ek sit in die streekhof vanoggend en luister na ’n skuldig-pleit deur ’n polisievrou, wie haar man vermoor het tydens gesinsgeweld. Ek is daar om teen ’n ander polisieman te getuig, wat ook moord tydens gesinsgeweld gepleeg het. Twee dekades gelede was dit ’n halsmoord wat net in ’n hooggeregshof verhoor sou word vir "hangpaal" of nie? Toe het die moordverdagte geen "reg op lewe" gehad nie. Kyk mens na beide se gesigte, sien mens die spore van gevolge van tronk in die gesig, na ’n jaar van aanhouding. My punt, moordverhoor sommer in plaaslike landdroshof, wys hoe die definisie van "redelike man op straat" na "persoon op straat" se opinie verander het, vanaf geslagtelike gelykheid in SA. Daar is maw ’n duidelike verskil in die "gewete van samelewing" vergestalt in die geslagsgelykheid samelewing van SA. Is SA vroue nie dalk meer gewetenloos nie, as in die tyd toe die gewete van die samelewing nog aan die "redelike Man op straat" se siening gemaak was nie? Was Eva nie gewetenloos met Adam, ten tyde van "val in paradys" nie?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top