"Mooiste mooi" deur Phillip Murray

  • 0

V1:
Jou groenbruin oë
Wat so saggies vol liefde weerloos na my staar
Verklap jou geheime as jy met my speel en grappies maak

V2:
Soos klei in jou hande, word my hele wese oorgegee in jou mag
As jy vir my fluister wat jou so seer en ongelukkig maak

Chorus:
Die mooiste mooi is jy
Verkleur die grys binne my
Die mooiste mooi is jy
Dit is jy, dit is jy

V3:
Figuurlik gesproke word die leuen binne my weer verlig met jou glans
As jy lag met die waarheid van 'n kind se hart wat jy so goed kan verstaan

V4:
En sonder motiewe
In eenvoud kan jy abstrakte temas vervang
Met dit wat rein is, met jou sagte oog en met jou sagte hand

Chorus:
Die mooiste mooi is jy
Verkleur die grys binne my
Die mooiste mooi is jy
Dit is jy, dit is jy (x2)
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top