Ken jy die man op die perd, die perd sonder stert
die perd was seker 'n rassis hy is nou groen geverf
ken jy die man op kerkplein die een met manel en kuil
hy was 'n kapitalis een vinger vermis en wit
weet jy wie is dagama
ken jy die queen
wat het die vrou tog gedoen
haar kakies was mos groen
wanneer kom die taalmonument aan die beurt
sal malema dan vergeet, huis paleis pondok
als omskep in varkhok
bantoe, boesman, hottentot
ag los ons monumente
spaar julle sente
koop 'n brood en los die verf
dit sal mos net jou smaak bederf

