"Monoloog aan self" deur Alma Schaap

  • 0

Monoloog aan self

Jy sien die lewe
deur die oog van 'n lens
Grepies herinneringe in 'n album
weggesteek onder jou bed

Is jy alleen
vasgevang in die doolhof
van jou onderdrukte gedagtes
wat niemand kan verstaan?

Koor

As jy jouself kon sien, vir wie jy regtig is
nie soos die wêreld jou wil vorm
Sou jy sien: om anders te wees is nie 'n kruis om te dra
As die wêreld sy rug op jou draai
en die eensaamheid is meer as wat jy kan verdra
is daar iemand by wie jy aanvaarding kan kry
Daardie iemand is jy

Is jy 'n slaaf
van die 21ste eeu?
Jy hoef jou nie te bekeer
om gered te kan wees

Is jy dan skaam
vir wie jy regtig is?
Hoekom wil jy so graag wees
dit wat jy verag?

Koor

As jy jouself kon sien, vir wie jy regtig is
nie soos die wêreld jou wil vorm
Sou jy sien: om anders te wees is nie 'n kruis om te dra
As die wêreld sy rug op jou draai
en die eensaamheid is meer as wat jy kan verdra
is daar iemand by wie jy vertroosting kan kry
Daardie iemand is jy

Brug

Jy hoef jouself nie in 'n boks te verpak; jy is vry
Jy hoef nie iewers in te pas; wees net jy

Koor

As jy jouself kon sien, vir wie jy regtig is
nie soos die wêreld jou wil vorm
Sou jy sien: om anders te wees is nie 'n kruis om te dra
As die wêreld sy rug op jou draai
en die eensaamheid is meer as wat jy kan verdra
is daar iemand by wie jy aanvaarding kan kry
Daardie iemand is jy

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top