Money for nutting and checks for free

  • 1

Met groot bohaai en trompet geskal word dit aangekondig Sjina gaan ons te hulp snel met miljuisende dollars.

Dit word aan die groot klok gehang. Die regime doen goed. Hulle kry sjeld, sommer baie sjeld. EKSKOM, TRANENET en SAA se sterte is gered. Die politici/kripvreters/komrates knak die Blue Labels se proppe oop en daar word gepooza dat die hop huise begin stil staan.

Die krane word weer oopgedraai van 'n nuwe fontein van die voorsienigheid en 'n nuwe bron van onuitputlike fondse is ontdek. Nuwe bron vir selfverryking en vergryp. Dit wil net nie ophou nie. 

Ek sit toe by myself en dink. Wat wil die Sjinese in ruil vir die dollars hê. Geen land het vriende nie. Lande het net belange in ander lande. Wat kan, gaan en sal hulle uit die ander land kry. Die Westerse moondhede het nou al gesien en geleer, die Donker Afrika-kontinent se put het nie 'n bodem nie. Dit is net gee, gee en nogmaals gee. Graderingsagentskappe se evaluasies is 'n Westerse kolonialistiese konsep wat vermy moet word. Die Sjinees gee, hy vra nie waaroor en waarvoor nie. Hy vra nie wanneer en hoe betaal jy terug nie. Hy soek nie besigheidsplanne en kontantvloei state nie. Hy bring sy eie mense om die projekte te kom bestuur. Hy maak klaar. Sy mense bly hier en hulle maak winkels, hoerhuise en keffies oop. Hulle "dump" substandaard goedere en trek soos 'n kanker in die gasheerland in.

Wees gewaarsku volksgenote, vriende, vyande en bywoners HKGK. Ek het al by vorige geleentheid genoem. Mandaryns of Kantonees is nie baie ver van nou af nie ons kinders se eerste taal.

Ah so. Tenk you velly mutch.

Reusedwerg

 

  • 1

Kommentaar

  • Nog 'n gevolg van die gebrek aan bestuur. Suid-Afrika is nou oop vir uitbuiting op ALLE terreine.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top