Monde en woorde
Dit het alles begin toe jy die appel gevreet het
jy moes geweet het en nie vergeet het
meer versigtig geëet het ek sê net
Met woorde in my mond
is jy reeds gewond
dis ongesond maar kyk daar’s bloed op die grond
Een, twee, drie sinne in ‘n ry
jy gaan seerkry, staan opsy
hou op gemors praat, sing en raak bly
As ek die woorde agter mekaar sit, moet jy bid
want ek gaan jou stuk vir stuk opstik en wegsit
tot jy begin mal ruk
So raak stil, sit en kalmeer
ek probeer ek sweer maar jy gee ammunisie vir my geweer
ek redeneer ... dis als jou eie skuld
ek probeer keer maar hier kom dit weer
jy speel met my geduld
Ek analiseer voor ek praat maar dis te laat
vokale is al wat saak maak
maar dis wat my kwaad maak
ek gaan aanhou tot die woorde klaar raak
Koor
Hou op praat ... asseblief sing
ritme is al wat vir ons geluk kan bring
hou op stilstaan ... asseblief dans
sit jou voete bymekaar en gee die ritme kans
Ek kyk rond ek wag vir die woede om te slaan
my mond maak my skaam maar ek beraam hoe om die letters te rangskik
waar kom dit vandaan, soos water uit ‘n kraan, ek heroorweeg en beweeg
soos prentjies in ‘n raam
Dit wil net nie ophou nie my hart wil net nie tyd hou nie
want tyd is teen ons almal, almal is teen almal, die liefde het verdwyn
ons het nou net woorde, gebruik dit om mee te rym.
Moet ek vloek, moet ek roep, moet ek deel raak van die groep?
Sê vir my mond wat om te doen, gebruik dit vir iets beters, gebruik dit vir soen.
vermom jou emosies en blaas vir my ‘n lied, sê vir jou mond jy’s moeg vir verdriet.
Koor
Hou op praat ... asseblief sing
ritme is al wat vir ons geluk kan bring
hou op stilstaan ... asseblief dans
sit jou voete bymekaar en gee die ritme kans
Dit het alles begin toe jy die appel gevreet het
jy moes geweet het en nie vergeet het
meer versigtig geëet het ek sê net
Met woorde in my mond
is jy reeds gewond
dis ongesond maar kyk daar’s bloed op die grond

