"Mond" deur FW Schenck

  • 0

Mond

Vers 1

Met 'n mond vol vrees
sit ek en kou aan my idees
en verteer woorde wat ek uitgrou
uit gedigte van Van Wyk Louw
so vat ek woorde wat om my rond lê
om stuk vir stuk my sê te sê
My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het

Vers 2

Soos bloed uit 'n oop wond
val woorde uit my oop mond
om te sien wat gaan hier in my aan
kyk maar net waarheen die bloedspoor gaan
die netjiese rytjies van rooi woordjies
is maar net my gedagtes se voetspoortjies
My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het

My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het

Vers 3

Soos 'n spreekbuis gebruik ek nou
die man wat die mikrofoon vashou
en uit sy mond vloei my woorde
na jou bo-oor sy akkoorde
soos 'n skip oor die oseaan
kom my woorde oor die note aan
My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het
My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het

Brug

Liewers met kop in die wolke as met kop in die sand
almal weet die uitsig raak net beter soos jy hoër gaan
die grond is slegs die plek vir die wat slaap en die wat dood is
die wat vas sit in die groef en slawe is aan hul gewoontes
Hulle sê die groef is net 'n graf, dis net die diepte wat verskil
dis te maklik om daar vas te sit, ai dis maar 'n bitter pil
As ek agterkom dat ek vas sit
gebruik ek  woorde om myself uit te ruk
as ek hier bly gaan ek net verstik
aan die roetine wat my neerdruk

My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het
My woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ek het

Vers 4

Daar's te veel wat ek nog hierso soek
dis te maklik om dit als te vervloek
ek probeer soms wegkom van die waarhede
wat my net aanhou volg uit die verlede
Maar wat kan ons nou regtig daaraan doen?
Al wat oor is is om te versoen
Ons woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ons het

Ons woorde is dalk imperfek
maar dit is tog al wat ons het. (herhaal ad lib)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top