Moet ons nuwe terme in Afrikaans skep?

  • 8

My hele tirade gaan oor verskille in taksonomie, wat verlore gaan in Afrikaans.  Bv 'ape vs monkey ' wat net ape genoem word in Afrikaans. Waarom nie "ape" vertaal na hominiede nie? Tog gaan daar dan weer probleem wees met verstaan. Kom Angus, skep nou nuwe Afrikaanse terme. Ons weet dat daar BAIE groot taksonomie-verskille in die vereenvoudigde Afrikaanse term aap is. "Monkey" het stert, "ape" is hominiede. "Baboon" is bobbejaan en bobbejane het bekke soos honde. Kom Angus, doen jou Afrikaanse ewolusie-ding nou ... 

  • 8

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Hier het ons met 'n alledaagse verskynsel te doen wat tale betref: die een taal het woorde wat die ander taal nie het nie. Met taksonomie het dit niks te make nie. Taksonomie is 'n klassifikasie. Jy wil sommer die hele wetenskap van die taksonomie omver gooi deur ape hominiede te wil noem, want oa behoort die mens (Homo sapiens) en die sjimpansee (Pan troglodytes) ook tot die familie hominiede.
    Monkeys hier by ons word sommer apies genoem. Ek skiet hulle met ʼn BB-pistool om hulle van my huis se dak weg te hou.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, ek is nie Duits nie. Ek is van ou Vlaamse afkoms, wat deesdae in moderne Nederland is. Ek het al my herkoms verduidelik. Feit is, my oumas was in laat 1800's gebore en was beide jong vroue tydens ABO. My pa was net na ABO gebore en was al tiener tydens 1919 griep.
    Ek is op pad na 60, jongste oorlewende van 12 kinders! My pa het nog Hooghollands gelees en geskryf. Dus, het ek dalk slegte Afrikaans of stokou Afrikaans. Ek gebruik ook selfoon en tik stadiger as wat ek dink. Soms is dit agv Google-sleutelbord wat daar snaakse foute is. Soms is dit net van agterlosige tik en nie herlees nie. Ek het tyd in Namibië spandeer, waar Afrikaans bietjie anderste dialek het. Agv my werk, praat ons soms vinnig en staccato. So, ek sit nie in rustige studeerkamer nie.
    Eintlik frustreer my werk my verskriklik ... Dus, ek hou my brein besig met ander goed ...

  • Beste Hans,
    My filosfie was nog altyd as jou werk jou frustreer, dan is dit tyd om te sing: Skipskop, pak jou goedjies op jou kop, en sê ghoetbaai! Hier op SêNet sal jy goed besig gehou word. Jy moet net op die regte tone trap. Met 'n selfoon kon ek nog nooit regkom nie. My vingers is te dik van al die skilpaaie op die pale vaskap.

    Hou maar aan skrywe; ek en ander SêNetgenote geniet dit. En vergeet maar van al die spel- en ander voute.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Ek het gedink oor Afasie agv oormatige drankgebruik, in bv Broca se area van brein of agv ander psigiatriese probleme, wat bv Jaguars in "gawares" verander ... Ek gaan net gou my Gaware E-type vol brandstof maak (net einde van maand ...).
    Die idee van klankstroom /geluidstroom is mos wat man sal gebruik bv as jou "Gawares" snaakse geluide onder die bakwerk sal begin maak, grrr of tjier-tjier of klakke-klakke?

  • Hans Richardt

    Afrikaans is tegniese agterlike taal. As ek net Afrikaanse terme geken het, sou ek nooit kon "diy" nie!
    Ek was vrot met Duits as tweede taal op universiteit. Het beter punte in Tswana gekry ... Tog, een van Duits, is dat objekte 'n vroulike of manlike vorm het, soos in Latyn. Die "tenses" is ook dieselfde in Duits as in Latyn. Op hoërskool het Duitse onderwyser my te hard gemoer met plank, want ek was regte blokkop in verstaan van Duitse taalkunde, ook E vir Engels gekry as matriek simbool ... Het nooit Shakespeare se goed verstaan nie ... Darem onderskeiding in Biologie gekry ... Is nog erg oor sommige lyforgane ...

  • Hans Richardt

    Ek dink dat dat deesdae se kinders erg benadeel is. Ons het in Apartheid Afrika streektaal geleer. Moes ook vele Europese tale leer met geweld ...
    Arme drommels kan nie eens hul huistaal reg skryf nie ... Hul skryf soos hul dink woorde klink ... daai klankstroom ...
    "Ek gaan my Gawares E-type na mechanic vat, want dit het grr grr (geluidstroom) geraas"... My knormoer ...

  • Beste Hans,
    Daar is 'n spreekwoord wat sê "Wie in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie."
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top