Moet ek?
Moet ek jou betaal vir jou rolspeel
Vir die rondneuk van my emosies
Vir die tye wat jy gesê het jy’t my lief,
Vir die steel van my hart soos ’n kommin dief?
Moet ek verwag van jou om vergifnis te vra
Om te se dis jy en nie ek nie
Om my hart se stukke te probeer vind,
Om die seer te vat en roekeloos te gooi vir die wind?
Moet ek vergeet van jou betekenlose leë woorde
Van die beloftes en twyfel van veiligheid
Van opgewekte emosies en my hart se seer
Van die nuwe verskonings wat ek hoor elke keer,
Moet ek vergeet van jou en vir ware liefde aanhou probeer?
![]() |



