"Moeilik om te verstaan" deur Jéan Lötz

  • 0

Moeilik om te verstaan

Vers 1        

As jy slaap en die wêreld se probleme om jou weg raak
Wie dink jy aan?
En ek sweer vir die soveelste keer dat ek jou lief, maar
Wie sou die woord verstaan?

Koor 1        

Sweef ons ewig rond
In alleen wees saam
Sweef ons om en om en om
Nooit buite die raamwerk maar
Jou oë is soet en jou glimlag skaam
Speel ek slim of speel ek stom
Want dis so moeilik om te verstaan

Verse 2        

Ek sien jou, elke keer soos die eerste keer, in ’n storie
Wat ek oor en oor sal raam
En as ek verewig in tyd kon vasgeval het
Sou ek voor jou staan

Koor 2        

Dit voel ek sweef verewig rond
In alleen wees, waar
Jy doelgerig nooit weg kan kom
Van jou stil bestaan
Die betekenis sit steeds goed vermom
Tussen drome en die oggend son
En dis so moeilik om te verstaan

Outro        

As ek slaap en die wêreld se probleme om my weg raak
Sien ek jou naam
En ek sweer, vir die soveelste keer, ek gaan jou sê maar…
Op ’n manier wat jy verstaan...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top