FC Boot beweer dat regering nooit selfbeskikking in SA sal toelaat nie. In ’n land waar baie min nuwe skole gebou word, word minderhede toenemend met Engels as onderrigtaal uit skole en fundamentele regte verdring.
"Gans wat goue eiers lê," is openlike diskriminasie, want mense word net as beursies voorgehou, sonder fundamentele regte.
Ek maak beswaar.
Hans Richardt


Kommentaar
Beste Hans
As jy my wil aanhaal, doen dit dan deur dit wat ek geskryf het aan te haal en nie wat jy dink ek gesê het nie. Op 16 Mei 2019 het ek die volgende geskryf:
" Onthou enige wetgewing in die verband moet deur die parlement goedgekeur word en dit gaan nooit gebeur nie solank die ANC of 'n party met dieselfde ideale aan bewind is nie."
Nou praat jy in "Selfbeskikking is erkende reg” twak deur te beweer dat ek deur my kommentaar te kenne gee dat: “Bv vertel jy my nou dat jy graag Milner-Smuts Engelse moedertaal onderrig ondersteun?"
Jy is soos 'n volstruis kop in die sand: Die waarheid is dat sover ek gaan Afrikaans
as onderrigtaal bevorder want: in her response to a parliamentary question asked by the FF Plus, the minister of basic education, Angie Motshekga, said that she does not have statistics since 1994 at her disposal but that the number of Afrikaans schools have decreased from 1984 in 1994 to only 1234 in 2016."
Die toestand by universiteite is nog erger.
Lesufi het bv getwiet: “AfriForum said that Lesufi had said that it was ‘beyond his comprehension’ why the battle for Afrikaans education still continued and that the insistence on it would ‘cause Afrikaans [speaking] children damage.’”
Jy sê jy maak beswaar. As jy dit wil doen is LitNet nie die regte forum nie. Skryf liewer dan aan goedgesinde parlementslede in die buiteland, iets wat ek gereeld doen.
Jy verstaan duidelik nie die gevolge van wat in die 1992 referendum gebeur het nie. Dit het gegaan oor of Suid Afrika 'n eenheidstaat deur onderhandeling wil word of die beleid van “afsonderlike ontwikkeling en selfbeskikking”, kortweg apartheid moet voortduur.
Daar was 3 296 800 kiesers wat kon deelneem. Die reaksie was soos volg:
1 924 186 stem “Ja” Dit is 58.37% en 875 619 stem “Nee”. Dit is 26.56%.
5 142 bederf hul stembriewe. Dit is 0.16%. 491 853 bly buite stemming. Dit is 14.92%.
As jy buite stemming bly, dan moet jy inval by wat die meerderheid besluit.
Die gevolg is dat uit elke honderd kiesers wat gestem het 69 “Ja” en 31 “Nee” gestem het.
Solank 'n mens onder die huidige regeringsvorm bly lewe, sal jy onderhewig aan sy wette wees en raak alle belasting, sodra dit in die skatkis beland, kleurloos. Jy het jou seggenskap prysgegee en dit aan die meerderheid oorgelaat.
Wat die VN nie reguit in hul dokumentasie wil sê nie is dat selfbeskikking eintlik net tot sy reg kom in 'n onafhanklike land en skroom dan nie om Namibië en ander as voorbeeld voor te hou nie.
Dit was egter die Trojaanse perd om van koloniale oorheersing ontslae te raak
Jy sal https://wiser.wits.ac.za/system/files/seminar/Araujo2018.pdf , interessant vind.
Teen dié agtergrond is die gelykmakingsbeleid van die ANC verstaanbaar.
Was daar destyds, tydens die onderhandelinge, nie ooreengekom dat Afrikaans met sy universiteite en skole behoue sal bly nie? Indien wel, is daar ooreenkomste daaromtrent onderteken, of was daar ten minste in notules dienooreenkomstig aangeteken? Indien wel, kan mens miskien die Grondwethof nader om te bevestig dat sulke ooreenkomste/notules geldig is en afgedwing kan word.
Beste Tiens,
'n Mens het seker 'n grondwetkenner nodig om die volgende artikel in perspektief te plaas.
https://hsf.org.za/publications/hsf-briefs/the-right-to-basic-education
As leek lyk dit vir my of die drie voorbehoude gelys onder 2 inagneming van die geskiedenis en bevolkingsgetalle altyd deurslaggewende faktore gaan wees.
Veral die begrip 'equity' is vir my duister in die verband.
Beteken dit bv dat almal in die gemeenskap op gelyke voet moet wees, bv wat inkomste, behuising ens aanbetref? Indien dit so is hou dit m i verband met 'c'.
Neem 'n mens die krimpende blanke bevolking en groeiende swart bevolking in aanmerking lyk dit vir my gaan minderheidsgroepe in onderwys altyd aan die korste end trek. In Gauteng is daar na beraming 14,7 miljoen mense waarvan die meerderheid swart is.
Dit is dus duidelik dat hul eenvoudig voormalige model 'C' Afrikaans-mediumskole gaan oorstroom en dat 2 (a)(b) en (c) nog lank gebruik gaan word.
Sal graag hoor hoe regskenners die saak sien.
Tiens Pretorius, eintlik voel ek 'n fok wat FC Boot in my keel wil afforseer.