staat U duid’lik, pre-koloniaal, in G’skied’nis, prominent,
Gee Skepp’r, Sy Vastheid, aan Vast’land, Sy Kontinent,
dink minn’rheid meer’rheid’t meer g’hou van “Azania”,
Tuisland, Mzantsi fô shô, hier, op suidpunt van Afrika
so gee Moeder toe g’boort’ aan Afrikaans, eigene kjend,
hoef Afrikaanses hul glattie meer na Ned’rduits t’wend,
Moeder sal self haar kinners, kroos, ferm b’skerm, haar
ontferm oor haar g’slag, nag’slag, eish, ja, wragtigwaar
vir eeue al lê Mens, submissief, onn’r onvanpas b’heer,
aan struktuurg’weld, Amplatsl’k Marikanisme, g’n keer,
t’min wet’nskaplik info, re Aard’-oor-tien-jaar, ing’win,
G’wete’s mos nog glattie, na b’hore, proppers, herwin
Millennium Drie Krisis, korrupsie g’dy, rof-’n-onb’skof,
mampara na mampara klok in, vir “Duiwelspiek”-skof
Jacobus Faasen

