"Moedeloos" deur Nicholas Muller

  • 0

Moedeloos

Die skromer verlange in duister se gawes
Ons lewe op onbeskryfbare bates
Wat egte emosies vir ons behou
Waar lopende trane gedagtes ontvou
Partykeer soek ons ’n bietjie geloof
Om donker gestaltes uit te verdoof
Waarheen gaan jy as almal verdwaal is
Na wie gaan jy as dit te laat is?

Koor

Moedeloos, harteloos en altyd verdruk
Die wêreld gaan aan sy emosies verstik
Wat ons gedink het was spesiaal
Was nog altyd maar net ’n sprokiesverhaal
Van liefde, vrede die gebrek aan smart
Die uitsig vorentoe lyk effens swart

Op ’n dwarrelende pad
Stap jy tree vir tree na my hart
En jy het dit reggekry
Dat ek my liefde aan jou bely
Die glimlaggende vrou
Jy’s die een van wie ek die meeste hou
En daarom wil ek sê
Dat ek jy die enigste is wat ek nodig het

Koor

Die lig in die donkerte
Die vuur vat vlam, vat in my hart
Ek het jou nog nodig
Ek sal jou vir my vat
Miskien sal jy ook eendag
Ook ’n bietjie aan my dink
Dan sal jy agterkom
Vir wie ek eintlik sing

Koor

“Miskien n key-verandering aan die einde?”
Verstaan jy hoe ek voel
As jy so aan my raak
Met die stem van ’n engel
Sing jy my aan die slaap
En ek mis die pieknieks
Onder daardie maroelaboom
As ek my oë toemaak
Is jy die een van wie ek droom

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top