Geagte Cornelius Henn
Ek is eintlik verheug dat jy in hierdie brief van jou, my raak beskrywing van jou motief agter die aanval op Jan Rap beaam. Gelukkig ken meeste van ons jou voorspelbare gedrag, so dit is verblydend dat jy na die skrywe van vele briewe in hierdie verband met die sak patats vorendag gekom het!
My verwysing na hoofstroom-gelowe, was spesifiek geplaas om die tendens van geloofsvermenging te bespreek. Dit is mos wat jy verkondig: Die samesmelting van die Hindoe, Moslem, Katolieke en wie weet watter ander gelowe. Ten einde hierdie samesmelting te behaal, is dit mos duidelik dat jy en ander hedoniste, poog om saadjies van verwarring in al hierdie gelowe te probeer plant, ten einde dit as ’n eenvormige geloof aan te bied. Julle is welkom om dit te probeer met die ander gelowe, en ek sal nogal graag ’n opinie wil hoor van byvoorbeeld ’n Moslem, oor hoe hulle hierdie toevoegings beskou?
Tog sal geen ware Christen toelaat dat paganistiese gebruike en ander mites die Ware Christen-geloof, omvêrwerp nie. ’n Ware Christen is gewapen met die Woord, en kan nie geflous word met die agenda's van sommige wat probeer om ander gelowe en gebruike in ons reeds onfeilbare Geloof te forseer nie. Die Woord is volledig vir ons, en heeltemal genoegsaam vir die Ware God, wie ons dien.
Die verklaring van die woord mitologie blyk die volgende te wees:
"Die studie van mites, of ’n versameling van mites."
Uiteraard kan mens jou dan seker ’n "mitoloog" of so iets dergeliks noem, aangesien jy heel duidelik ’n obsessie met die mitologie het.
Die beskrywing van ’n mite die volgende:
’n Mite verwys na ’n tradisionele verhaal/storie.
Daar is egter verskillende vorme van mites, en die spesifieke mite wat Jan Rap duidelik aangeroer het was ’n "politiese mite".
Volgens Wikipedia, is ’n "politiese mite" dan ook die volgende:
A political myth is an ideological explanation for a political phenomenon that is believed by a social group.
In 1975, Henry Tudor defined it in Political Myth published by Macmillan. He said:
“A myth is an interpretation of what the myth-maker (rightly or wrongly) takes to be hard fact. It is a device men adopt in order to come to grips with reality; and we can tell that a given account is a myth, not by the amount of truth it contains, but by the fact that it is believed to be true, and above all, by the dramatic form into which it is cast ... What marks a myth as being political is its subject matter ... [P]olitical myths deal with politics ... A political myth is always the myth of a particular group. It has a hero or protagonist, not an individual, but a tribe, a nation, a race, a class ... [and] it is always the group which acts as the protagonist in a political myth.”
Indien jy dus jou huiswerk meer noukeurig gedoen het, sou jy bewus gewees het van die feit dat Jan Rap geensins na ’n fabel, legende of enige van jou mitologiese fantasieë en gedrogte verwys het nie. Jan Rap het die woord mite in die korrekte konteks aangehaal en ’n raak beskrywing gelewer rakende die ideologiese verduidelikings wat tans deur ’n spesifieke groep, die Afrikaner geglo word.
Sien jy nou, hoe jy heeltemal ’n gek van jouself gemaak het in jou pogings om jou "mites en mitologie" ’n "Spirituele" konnotasie te gee, terwyl die aanvanklike brief van Jan Rap, duidelik na die politiese kwessies verwys het.
Jy het nou die keuse om weer almal te vloek, skel en verdag te maak. Of jy kan die volwasse ding doen en Jan Rap verskoning vra vir jou liederlike blaps.
Gegroet
Tant Alie

