"Misverstand tussen liefde en haat" deur Laetitia Campher

  • 1

Misverstand tussen liefde en haat

Ek staar na die skoonheid van ? winters-sonsondergang
Dink hoe gelukkig ek was toe ek daai foto’s hang
Die strale wat op jou gesig dans as jy lag
Die manier wat jy oor my lippe streel, satyn sag
Weereens was ek nie genoeg
daai woorde soos vuur in my gesig gespoeg

Hoekom het jy my weggesteek?
Ek wens jy kon sien hoe jou woorde my breek
Jy het seker gemaak ek sal
al het jy geweet ek wou nie weer val
Opgestaan met ? lied in jou hart
en jy’t geweet die melodie in myne is dood

Wat jy gedoen het was moord
Elke dag verby my gestap en deur my gekyk
Wens jy kon sien hoe pateties jy lyk
? Oog vir ? oog maak die wêreld blind
Gee my weer die onskuld van ? kind
Ek weet ek het ? fout gemaak
om te dink niks kon dit wat ons was stukkend kraak
Soos ek hier lê en terugdink
hoe leeg het al jou beloftes geklink

Wens ek kan elke stukkie wat jy van my beroof het
in ? blik druk en opstuur met ? gebed
Dat niemand ooit weer die voorreg sal hê
om in my liefde te belê

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top